BMW M3

Die BMW M3 is 'n hoëverrigtingweergawe van die BMW 3-reeks wat deur BMW se eie motorsportafdeling, BMW M GmbH, ontwikkel is. M3-modelle word vir elke generasie van die 3-reeks vervaardig sedert die E30 M3 in 1986 bekendgestel is. Die aanvanklike model was beskikbaar in 'n koepee-bakstyl met 'n afslaankap wat kort daarna bygevoeg is. M3-sedans was beskikbaar gedurende die E36 (1994–1999) en E90 (2008–2012) generasies. Sedert 2015 word die M3 uitsluitlik in die sedanbakstyl vervaardig, omrede die koepee- en afslaankapmodelle in die 4-reeks hergebruik word, wat dit die hoëprestasie-variant van die M4 maak. Opgradering van die standaard 3-reeksmodelle behels enjins, hantering, remme, lugdinamika, liggewig materiaal en verskillende binne-opgraderings.


Developed by StudentB